Job Overview
Date Posted
11 months ago
Job Description
Centurion, Pretoria: VOORRAAD KONTROLEERDER
Minimum Vereistes:
-Jong, netjiese en professionele Afrikaans sprekende individu
-Afrikaans en Engels eerste en tweede tale verpligtend
-Matriek / Graad 12
-2 tot 4 jaar volle voorraad beheer ondervinding verpligtend, verkieslik in retail / pakhuis industrie
-Rekenaargeletterd in MS Office (Pastel Evolution verkies / voordelig)
-Hoë aandag vir detail en akkuraatheid, en in staat om met groot volumes te werk
-Goeie leierskap vaardigheid en teiken georiënteerd
-Uitstekende kommunikasie vaardigheid in beide Afrikaans en Engels
-Betroubaar en verantwoordelik met uitstekende bestuursvaardigheid
-Stabiele indiensnemingsrekord en kontakbare verwysings verpligtend
-Om so gou moontlik diens te aanvaar
Pligte:
-Volledige voorraad beheer funksie vir groothandelhaar verskaffer
-Verantwoordelik vir effektiewe administrasie van all prosesse en prosedures wat verwant hou met voorraad beheer funksie
-Ontvang en versending van voorraad
-Vaslegging van Goedere Ontvang bewyse
-Hantering van druk van etikette (voorraad / pryse)
-Regstelling van strepieskodes
-Hantering van terugstuur van beskadigde voorraad na verskaffers
-Voorraad beheer en voorraad aanpassing prosedures
Salaris: R 10 000.00 R 15 000.00 bruto
E-pos opgedateerde en gedetaileerde CV in Word of PDF Formaat (nie as n skakel / link nie) na en dui die volgende aan:
- Verwysing CR2567; en
- U salarisverwagting binne die aangebiede bedrag.
(Stuur ook n onlangse foto en enige verwysingsbriewe wat jy het van vorige werkgewers, indien moontlik)
AANSOEKE WAT NIE AAN AL DIE VEREISTES VOLDOEN NIE, SAL SONDER ENIGE OORWEGING DADELIK GESKRAP WORD.